Presenter

Willem Zaaiman

Willem Zaaiman

Willem is gebore in 1960 en het groot geword op ’n klein plattelandse dorpie - Warden in die Vrystaat.

Na matriek vir 2 jaar weermag toe waar hy vir 13 maande saam met die Boesmans gewerk het op die grens in die Caprivi strook. Daarna het hy in Pretoria begin studeer as rekenmeester en is op ’n baie vroeë ouderdom van 22 vir die eerste keer getroud. Na 10 jaar as rekenmeester in die korporatiewe omgewing begin hy sy eie rekenmeestersfirma en beoefen dit steeds as sy hoof nering.

As jongman was hy beroepsgewys baie suksesvol, maar die wêreld het sy tol geëis en Willem was baie lief vir die wêreld, sodat die wêreld hom ingesluk het. Na15 jaar se getroude lewe en verskeie traumatiese gebeure skei hy en trou vir ’n tweede keer en na ongeveer 4 jaar en verdere traumatiese gebeure skei hy vir ’n tweede keer.

Dan begin die Here hom roep en hy sluit homself vir 8 maande ’n woonstel toe, met geen sosiale lewe nie en al wat hy doen is bid en bestudeer die Woord van God, en pleit dat die Here met hom moet praat en duidelikheid gee waaroor die lewe dan nou eintlik gaan. Want dit is sinneloos om vir 70-80 jaar te jaag na aardse rykdom en dan te sterf en wat dan? Na 8-maande laat die Here hom vind (2Kron 15:2,4) en Hy skenk aan Willem die wedergeboorte. Vir die volgende 6 maande het Willem omtrent net gehuil. Maar hierdie keer was dit huil van blydskap. Hy het oral waar hy weet hy mense seergemaak het gaan omverskoning en om vergifnis vra. Party "vyande" het hom vergeef en party nie, maar dit is irrelevant.

Explore the teaching

Series

Topic series

Algemeen

Neels Oosthuizen · Nico van der Walt · Willem Zaaiman

Listen, watch and read

Lessons and documents

  1. Geld - Hoe om daarmee te werk 3 2026

    Document Willem Zaaiman